Afrikaanse Seisoen by Die Baxter

Betaal slegs R450 om al drie produksies te sien. Vir hierdie afslag, klik hier om ons te laat weet watter vertonings jy wil bywoon, en ons sal jou kaartjies diensooreenkomstig bespreek.

Ek wens, Ek wens
15 - 19 Nov

Ek Wens, ek wens is ‘n fabelagtige verhaal oor Seb, ‘n lykbesorger wat ‘n grys, eenvoudige en ongelukkige bestaan lei. Sy lewe is een van roetine en kleinighede, en hy sien lankal nie meer die wonder en grootsheid van die lewe raak nie. Tot hy eendag ‘n engelagtige seuntjie, Gawie, ontmoet. Die magiese gevolge van hierdie ontmoeting noop Seb om te vra: As ek net een wens het, waarvoor sal ek wens? ‘n Ander werk, ‘n klomp geld, beter verhoudings met die mense om my? Wat is vir my belangrik? Wat wil ek die graagste in my lewe hê?

R180 / R100 (pensioenarisse en studente)
75 min

Nêrens Noord-Kaap
19 - 26 Nov

Frans, Andries en Ronnie het mekaar jare laas gesien. Nou moet die broers terugkeer na hul geboorteplaas, Nêrens, vir ’n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word. Hulle is gewone mense met al hulle liefde en haat en soeke na die broederskap wat hulle verloor het. Na uitverkoopte speelvakke by Woordfees, KKNK en Aardklop - is hierdie skreeusnaakse en hartroerende produksie te sien by Die Baxter. 

R180 / R100 (pensioenarisse en studente)
75 min

Amper Vrystaat
23 - 27 Nov

Mense sê die Vrystaat is waar geheime die emmer skop, waar die aarde so plat is jy sien jou toekoms as jy 'n windpomp klim . . .  Drie vervreemde susters ontmoet vir Ma se begrafnis in Amper, 'n dorpie duskant nêrens.  Daarby het die vreemde omstandighede rondom hulle ma se dood die hele kontrei aan die gons . . . Amper, Vrystaat  is ‘n komedie met hart.  ‘n Storie met waarheid wat elke mens raak.  Daarby het elke mens het ‘n geheim . . . 

R180 / R100 (pensioenarisse en studente)
60 min